Januarie

<< Januarie 2022 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1
2 3 4 5 6 7 8
9 10 11 12 13 14 15
16 17 18 19 20 21 22
23 24 25 26 27 28 29
30 31
Al die dae
Nuwejaarsdag (1 Januarie) - Vuurwerke oor Edinburg in Skotland.

Januarie is die eerste maand van die jaar in die Gregoriaanse kalender, met 31 dae. Die maand is vernoem na Janus, die god van deure en poorte.

In die Romeinse tyd (ongeveer 700 v.C.) was Januarie en Februarie die laaste twee maande wat by die kalender bygevoeg is. Die Romeine het die winter oorspronklik as 'n periode sonder maande beskou. Die oorspronklike Romeinse kalender het uit tien maande bestaan (304 dae). Alhoewel Maart oorspronklik die eerste maand was, het Januarie sy plek ingeneem, aangesien dit was wanneer die konsuls verkies is.

Die eerste dag van die maand word Nuwejaarsdag genoem.

Vorige name vir Januarie was die oorspronklike Romeinse benaming van Januarius, die Saksiese woord Wulf-monath (die wolfmaand) en Karel die Grote se benaming van Wintarmanoth (die winter- of koue maand).

Suid-Afrikaanse gemiddeldes vir Januarie

Kleinighede

  • Die sterretekens wat binne die maand Januarie val, is die Steenbok (22 Desember-19 Januarie) en die Waterdraer (20 Januarie-18 Februarie).
  • In die hemelruim beweeg die Son gedurende Januarie deur die sterrebeelde Boogskutter en Steenbok.
  • In enige jaar wat nie 'n skrikkeljaar is nie, begin Januarie op dieselfde dag van die week as Oktober.
  • In skrikkeljare begin Januarie op dieselfde dag van die week as April en Julie.
  • Die Joodse naam vir Januarie is "sebat".
  • Januarie het 'n blom aan hom toegeken, wat die sneeuklokkie is.
  • Januarie se geboortesteen is die granaatsteen.

Bronne

  • January by die Engelse Wikipedia

Eksterne skakels

Maande van die jaar
Januarie | Februarie | Maart | April | Mei | Junie | Julie | Augustus | September | Oktober | November | Desember
Normdata Edit this at Wikidata